Diensverskaffing: Spraak
Magalies Radio-amateur Klub, beskik oor die
volgende SPRAAK herhalers:
Opgedateur deur Sam ZS6JZ 14-03-2009
2m - 145,750 MHz. Magaliesberg KG34XH.
Herhaler: Uitsending -
145,750 Mhz en -0,6 Mhz vir ontvangs. (FM)
Hierdie is 'n Kenwood TKR-720, en die uitsetkrag is 20 Watt. Die antenna in
gebruik, is 'n 8-stapel dipool. Die stelsel is in November 2007 deur Sam ZS6JZ
verander vanafdie 4-stapel na die huidige 8-stapel wat vervaardig is deur RF-Industries.
Die Rg213 voerlyn is vervang met Lmr-400. Daar word 6 Phelps Dodge holte
resoneerders gebruik tussen die herhaler en die antenna. Die dekking van die
herhaler is besonder goed. Willem ZS6WAB vanuit Pietersburg ontvang ons nou op
S-7 lesing sonder voorversterker waar met die vorige stelsel n S-2lesing met n
voorversterker was, van die areas waarvandaan die herhaler normaalweg gewerk kan
word is, Rustenburg, Northam, Thabazimbi, Pietersburg, Warmbad, Nylstroom,
Bronkhorstspruit, Springs, Johannesburg, Krugersdorp en Randfontein. Tydens
besonder goeie toestande op 2m, het amateurs al vanaf Potchefstroom, Memel,
Parys, Brandfort, Vereeniging, Sasolburg, Secunda en Kroonstad, kontak gemaak
met ons hier in Pretoria.
Op Sondag oggende word ARMI
(Amateur Radio Mirror International) herlei, tussen 10:00 - 11:00. Om 11:15 volg
MRK se bulletin op die herhaler, en dit word dan op Woensdag aande om 19:30 her-uitgesaai.
70cm - 438,575 MHz. Magaliesberg KG34XH.
Herhaler: Uitsending - 438.575 Mhz en -7,6 Mhz vir ontvangs. (FM)
Hierdie herhaler is 'n Kenwood Tkr-820, met 'n uitsetkrag van 10 Watt. Die
antenna in gebruik, is 'n 8-stapel dipool. Daar word 'n Cellwave duplekser
gebruik tussen die herhaler en die antenna.Die voerlyn is Foam-Helix. Die
herhaler word gewerk vanaf Rustenburg, Brits, Pretoria, Johannesburg en
Krugersdorp. Hierdie is een van twee 70Cm Herhalers in MRK se diens,en is op
dieselfde perseel van MRK se 2M herhaler en pakket stelsels.
70cm - 438,750 MHz. Waverlykop KG44DH.
Herhaler: Uitsending - 438,750 Mhz en -7,6 Mhz vir ontvangs. (FM)
Hierdie herhaler is 'n Kenwood TKR-820, met 'n uitsetkrag van 10 Watt. Die
antenna in gebruik, is n 2-stappel gevoude dipool wat vervardig is deur RF
Industries.Die 2-Stappel is ongeveer 20m bo grondvlak,die voerlyn is Lmr-400
daar is 'n Phelps Dodge dupleksers tussen die herhaler en die antenna.Die
Voerlyn en antenna is in September 2008 deur Sam ZS6JZ en Johan ZS6JPL vervang
tot huidige stelsel.Hierdie herhaler staan op Waverlykop bo die klipgroef langs
N1 Deurpad. Die herhaler word goed gewerk van die ooste van Pretoria, Cullinan,
Centurion, Midrand en tot sover as Warmbad.
6m - 52,750 MHz. Waverlykop KG44DH.
Herhaler: Uitsending - 52,750 Mhz en -1,6 Mhz vir ontvangs. (FM)
Hierdie is die enigste werkende 6m herhaler, in die Republiek van Suid Afrika.
Die herhaler bestaan uit 'n Pye kombinasie,Die uitsetkrag van die herhaler is
50 Watt. die antenna in gebruik, is 'n gevoude dipool wat deur RF-Industries
vervaardig is.die voerlyn op die stelsel is Lmr-600 en die antenna is ongeveer
15M bo-grond vlak. Daar word 6 aangepaste Heliese filter kanne gebruik tussen
die herhaler en die antenna. Die herhaler dek die groter Pretoria area. Die
herhaler is werkbaar vanaf Rustenburg, Brits, Johannesburg en omstreke, tot
sover as Cullinan en Bronkhorstspruit.
Daar is al 'n QSO gevoer deur Malcolm ZR6MDK, met Marzio I5MXX. Marzio het vanaf
Italië, CQ op die 6m herhaler geroep, tydens 'n TEP opening. Oukêrel Malcolm het
eers gedink dat dit iemand is wat gekskeer, maar hy het toe 'n vinnige QSO met
Marzio gevoer, voordat die band weer toegemaak het, en Marzio se sein weer in
die niet verdwyn het.
Hierdie herhaler staan ook op Waverlykop By die klipgroef langs N1-Deurpad. Die
perseel is met groot dank aan Johan ZS6JPL aan ons beskikbaar gestel.