Dus kan ’n HF radio-ontvanger se RF gedeelte , die TF versterkers en oudio
gedeelte getoets word om te bepaal waar die sein “wegraak”. Die beste metode is
om by die laaste oudio-versterker te begin en dan stelselmatig terugwerk na die
antennakring.
Dit is heeltemal veilig en eintlik beter
om die pen in die een hand te hou en die ander hand op die bakwerk van
die ontvanger te plaas, om ’n sterker sein in te voer, maar nie as ontvangers of
oudioversterkers met radiobuise, getoets word. Hou dan die hand weg maar die pen
kan nog steeds met die ander hand op die
toetspunte geplaas word.
Radiobuis-ontvangers se spanningsbron is ongeveer 250 volt en kan mens ’n
taamlike groot
skok gee as mens nie versigtig is nie. As die pen op ’n plek geplaas word
en ’n geluid word in die
luidspreker gehoor dan bevestig dit dat die
stelsel vanaf daardie punt tot by die luidspreker in orde is. Wanneer die
sein wegraak by ’n sekere punt dan is die fout by daardie punt. In die geval van
transistors kan die pen op elke been geplaas word om te bepaal of die transistor
goed werk. Maar die finale toets is, as die pen op die basis van die transistor
geplaas word en geen geluid word gehoor nie, kan met sekerheid aanvaar word dat
die transistor foutief is. Die konstruksie van die eenheid is eenvoudig en word
op ’n plastiek of perspex bordjie gebou en binne-in ’n metaalbuis geplaas soos
aangedui op die tekening. Sorg dat die battery reg geplaas word t.o.v. die
polariteit, m.a.w. die negatiewe punt word aan die bordjie verbind en die
positiewe punt aan die bak van die metaalbuis. Enige PNP transistor soortgelyk
aan die BC204B kan gebruik word. Die BC204B is goedkoop en bruikbaar tot
100MHz.Jy sal verbaas wees hoe handig so ’n toetspen is.
