HF Mobiele Antenna
Wenke om mobiele HF antenna op voertuig te installeer:

1. Aanbieding van AD5X. Die onderwerp word redelik in detail behandel. Heelwat wiskundige formules. Moenie daarvoor skrik nie. Die volgende programmetjie doen al die huiswerk vir jou!
2. Programmetjie van die ARRL Antenna book 19th Edition. Program, Mobile.exe,  is gebasseer op die formules soos in die Antenna handboek beskryf. Ongelukkig is dit nog 'n DOS program en moet dit in 'n DOS gesimileerde venster op die 64bit Windows bedryfstelsels loop.
3. ARRL artikel: 'n Praktiese antenna wat self gebou kan word. 20$ HF Mobile

 

Opsommend

  1. Gebruik langste moontlike antenna - veral vir 14MHz en laer
  2.  Monteer so hoog as moontlik en verkieslik in die middel van die voertuig.
  3.  Totale maksimum hoog moet laer as 4,3m wees (vir padgebruik).
  4.  Kyk na beaarding van panele, radio, antenna en die uitlaatpyp!
  5. Installeer radio dat dit nie jou bestuursvermoë belemmer nie
  6.  Spoelverliese moet so min as moontlik wees (gebruik dik geleiers)
  7.  Stem eers die antenna in dat dit resoneer (X = 0)
  8.  Doen hierna die aanpassing op die aanpasspoel onderaan die antenna.
  9.  OPPAS: Vandag se voertuie het baie elektriese harnasse, lugsakke en veselpanele. Wees gewaarsku!